Hosted by:
Eastern Cape Parks
Event Partners:
Rhodes Run
Home Looking Back Articles 2009 Race Report : Die Burger 15 Sept 2009

2009 Race Report : Die Burger 15 Sept 2009

E-mail Print PDF

HARDLOPERS GEBRUIK WILDSPORE IN BAVIAANSKLOOF-WEDLOOP

By Richard Roberts (Die Burger 15 September 2009)

‘n Eisoortige wedloop het die afgelope naweek in die natuurryke Geelhoutbos in die Baviaanskloof afgespeel waarin bakens - in die vorm van wildspore - gebruik is om die roete aan te dui.

Altesaam 59 deelnemers aan die Liberty Health Baviaanskloof-veldwedloop moes hul oë
wawyd oophou om die bakens - wat soms teen gladde steiltes vir hulle uitgelê was, te volg.

Natuurliefhebbers van so ver as Kaapstad en Nelspruit het Saturdag by die bewginpunt van die kompetisie aangemeld met die hoop om aan die einde van die wedloop met die trofee weg te stap.

Die wenner van die vroue-afdeling was me. San-Mari Woithe van Linton Grange, Port Elizabeth.

Woithe (40), ‘n groundwater-deskundige, het die wedloop binne vier uur en 39 minute voltooi.

"Dit was erg en soms baie ingewikkeld omdat die heuwels baie steil was, tog was die roete wat ons moes hardloop oop sonder enige hindernisse" het Woithe gister gesê.

Die organiseerder van die wedloop, mnr Darrell Raubenheimer, het gesê dit is die eerste keer dat 'n wedloop van dié aard in die Oos-Kaap in 'n natuurreservaat en boonop 'n wêreld-erfenisgebied gehou word.

"Ons beoog on dit volgende jaar weer hier aan te bied," het hy bygevoeg.

Die wedloop maak tans voorsiening vir 65 deelnemers en Raubenheimer twyfel of die getal sal verander omdat die natuurlewe - waar swartrenosters, koedoes, elande en buffels voorkom - nie deur die wedloop bedreig moet word nie.

"Ons sien egter daarna uit om dit jaarliks aan te bied omdat dit vanjaar 'n reuse-sukses was" het Raubenheimer gesê.

"Sommige deelnemers het die pad byster geraak omdat hulle nie die spore, wat as roete-aanwysers gedien het, goed gevolg het nie" het Woithe gesê.

Volgens Raubenheimer het heelwat deelnemers wild teëgekom, maar niemand is deur enige van die diere aangeval nie - en hopelik is dit volgende keer ook die geval, het hy geskerts.

Mnr Warren Petterson (41) van Claremont, Kaapstad, het die mansafdeling gewen. Hy het die wedloop binne drie uur en 16 minute voltooi.

Die wenners het elk 'n trofee ontvang wat deur leerders van die Hoërskool Zaaimanshoek, Baviaanskloof, gemaak is.

 

 

Last Updated on Wednesday, 16 September 2009 17:39